SHS het nege rugbypanne wat aan die Mpumalanga Grootskole liga deelneem.  Ons neem ook deel aan die Beeldtrofee vir Grootskole, sowel as aan die NWU-Interprovinsiale Sportreeks wat deur die NWU Universiteit georganiseer word.  Ons het al verskeie wenners in die Mpumalanga liga opgelewer en in 2012 was ons 1ste span Beeldtrofee wenners.  Ons onderneem ook rugbyweke met ons spanne. Rugby spelers kry die geleentheid om op O/16, O/18 en O/19 vlak hulle provinsiale kleure te verwerf, waar hulle aan Akademieweke en die Cravenweek kan deelneem.  SHS het al verskeie spelers gelewer wat op Provinsiale-, Universiteits- asook op Nasionalevlak nogsteeds uitblink. Prestasies van SHS RUgby 1941 - Administrateurs beker  wenners 2012 - Beeldtrofee wenners (Grootskole) 2003 – O/14 -  Beeldtrofee naaswenners 2006 en 2007 – 1stes – Speel in Beeldtrofee Halfeind Cravenweekspelers sedert 2000: 2006 – Robert Kruger (Kaptein), Howard Mnisi, Lunga Mathebula, Clive Mpila 2007 – Jaco Kriel, Howard Mnisi, Clive Mpila, Sandile Masango, Sibi Masina en Bongi Luvuno 2008 – Gary van Aswegen 2010 – Clinton Swart en Marinus vd Merwe 2011 – Chris Boshoff, Tyrone Pienaar en Markus J van Rensburg 2012 – Donovan Gissing (O/ kapt) en Harrabith Mojalefa 2014 – Mfundo Ndlovu en Ian Joubert 2015 – Mfundo Ndlovu en Hloni Mphut 2016 – Hloni Mphuti SA Skole spelers opgelewer: 2007 – Sibi Masina (A span) en Bongi Luvuno (B span) 2010 – Marinus v d Merwe (A span) 2015 – Mfundo Ndlovu – SA O/18 Skole 7’s span wat junior Statebondspele wen. In 2017 word hMfundo Ndlovu y gekies vir Blitzbokke se B span na Dubai. Super Rugby spelers uit SHS se kraal Gary van Aswegen Jaco Kriel Robert Kruger Howard Mnisi Clinton Swart Spingbokke uit SHS se kraal: Frik du Preez (1970’s) Pieter Hendriks (1995 Wêreldbeker wenners) Jaco Kriel  (2016)
Bakgat Kultuur Sport Akademie Admin About Us Akademie
Contact Us
Huis Dagbreek Huis Dagbreek